Werking van Opsies 101

with No Comments

Die Doeltreffenheid  van Opsies in die Graanmarkbeautiful-farm-house-windmill-wallpaper-533590f53bd77

Daar is vele gebruike vir die afgeleide instrument, maar tog wonder die meeste mense of dit iets is waarin hulle betrokke wil raak.  Dit klink ingewikkeld en watter nut hou dit dan nou eintlik vir jou in. Vir die gewone mens, wat nie elke dag daarmee werk nie, maak dit net nie sin om geld te betaal vir iets voordat hy nie eers weet of hy regtig voordeel daaruit gaan kry nie. Dit klink te veel na ‘n foefie of dalk ‘n vrotmelk-skema!

Elkeen van ons wat betrokke is in die graanmark het al die een of ander definisie van ‘n opsie gehoor.  Eenvoudig gestel is dit niks anders nie as ‘n versekering wat uitgeneem word op die beweging van prys. En soos versekering werk dit baie dieselfde, ons gaan neem tog nie motorversekering uit met die doel om ons kar te gaan stamp nie, maar tog vir veiligheid. Net so in die opsie mark, Elke mark vlak het ‘n waarskynlikheid dat die mark daar sal eindig, hoe meer waarskynlik, hoe groter die premie, dis nou die prys van die opsie.

Daar is ook ‘n direkte korrelasie tussen die waarskynlikheid en tyd verloop tot en met waar daai waarskynlikheid  realiseer op die vervaldag van die opsie, dit het  dan natuurlik ‘n direkte  invloed op die premie. Hier word dit dan ook duidelik dat  hoe langer die tydverloop hoe groter die waarskynlikheid en dus die premie.

Maar dit los ons nog steed met die vraag ,ek (spekulant of/en verskanser), hoe baat dit my. Bly die termynkontrak nie maar die beste opsie op die langtermyn vir my nie?

Die antwoord op die vraag voel ek is meer as net ‘n ja of ‘n nee.

Kom ons gaan kyk na ‘n paar faktore en die mees algemeentste vrae daar buite, voor ons besluit.

Die mees algemene vrae in die opsie mark is:

Ek het al ‘n geruime tyd terug ‘n call opsie gekoop en alhoewel die mark al vyftig rand gestuig het, het ek nog niks geld gemaak nie, ek vra myself nou af, werk opsies regtig of is dit niks minder as ‘n weg betaling van premie nie ?

Wat is volatililiteit nou regtig, is dit net daar vir opsie skrywers om die prys van opsies te bepaal?

Die eerste vraag is baie algemeen, veral die afgelope paar maande in die mark was dit moeilik vir die opsie spekulante en verskansers.

Vir die van julle wat geld gemaak het uit julle opsies  kan ek eerlikwaar se, baie geluk, vir die res, kom ons gaan kyk na ‘n paar moontlike redes waarom ons nie geld gemaak het nie.