Werking van Opsies 105

with No Comments

Eienskappe van die mark wat opsies beinvloed

Likiditiet

Likiditeit dui op die verhandelbaarheid of vraag na ‘n spesifieke instrumente in die mark.

Hoe laer die vraag hoe laer die likiditeit, aangesien die min belangstelling gepaartgaan met hoë risiko. Tipes voorbeelde van illikiede market in opsies sluit in, ver uit datums of maande waarvan die termynkontrak volumes nooit regtig toeneem nie. Die net-oop posisies bly dus laag (Open interest).

In neem van posisies is gewoonlik maklik, maar likwidering van oop posisies is geweldig duur, wat al die winste weg vreet, of onmoonltlik, wat tydwaarde gewys besturing baie duur maak.

 

Tyd siklusse

Die mark is geneig tot suklusse van hoë en lae onsekerheid. Die tye van hoë onsekerheid neem die volatiliteit toe wat veroorsaak dat opsie pryse styg, en in tye van meer sekerheid neem die volatiliteit af, wat opsies goedkoper maak.

As ‘n opsie dus in ‘n suklus van hoë onsekerheid gekoop word, moet die wins ook geneem word gedurende die suklus  Die idiaal is om opsies te koop in lae suklusse wat oor gaan in ‘n hoë suklusse van mark onsekerheid.

Die meeste geld word verloor as opsies gekoop is wat  onbestuurd gelaat word, as die mark van ‘n hoë na ‘n lae suklus beweeg.

Dit is dus dan ook belangrik om markonsekerheid in ag te neem met die verhandeling van opsies.

Die invloed van prysbeweging van suklusse kan geilimineer word met die verhanderling van opsie strategië,  waar opsies gekoop en verkoop word. Baie van die strategie is mark volatiliteits neutraal sowel as tydwaarde neutraal, wat ons dan slegs met mark rigting los.

Dit sluit in Collars, Condors, Spreads, en Butterflies.

 

 

Volatiliteit

Sekerlik kan volatiliteit gesien word as een van die mees misverstane eienskappe in die prysing van opsies om nie eens te praat van die debateerbaarheid daarvan nie.

Maar die werklike difiniesie van markvolatiliteit is dat dit niks anders is as die op en afweeg van die mark, gemeet oor ‘n spesifieke tydperk nie.

Daaglikse mark volatiliteit is  die verskil tussen die hoog en die laag van die dag invergelyke met die die vorige dag se beweging.

Daar word ook na mark volatiliteit verwys as werklike volatiliteit.bulkupload_Cloud-Wallpaper_Thunderhead-Sidney-Nebraska

 

Aangesien daar ‘n direkte korrelasie is tussen die beweging van die onderliggende (termynkontrak) en die opsie prys,  behoort daar in teorie in ‘n perfekte mark nooit ‘n verskil te wees in die opsie se volatiliteit tot verhouding van die van die mark se volatiliteit  nie, maar as gevolg van vraag en aanbod, onstaan daar diskrepensies tussen die opsie prysings volatiliteit en  die termynkontrak se volatiliteit.