Werking van Opsies 104

with No Comments

Risiko/opbrengs verhouding van opsies

Alle verhanderlbare instrumente se risiko/opbrengs verhouding word aan gedui deur die verandering van die Delta. Waar die Delta weer op sy beurt die verandering van die  prys van die opsie is tot verhouding tot die prys beweging  van die mark .

Termynkontrakte   het ‘n delta van 100% waarvan die Delta nie kan verander nie.

Hoe meer n’ opsie in die geld inbeweeg hoe nader neig die delta aan 100% en hoe verder die opsie uit die geld beweeg hoe nader neig die delta na 0%. Hierdie verander op die Delta word aangedui met die Griekse simbool  en staan bekende as die gamma.

 

Al wat die bogenoemde dus vir ons se is, waar is ons weg spring punt in verhouding tot mark beweging. ‘n Diep in die geld opsie wat gekoop word gee reed vir ons ‘n delta nader aan 100% en dus kan ons meer geld maak as ons siening reg is, maar ook meer verloor as ons verkeerd is. Diep in die geld opsies word aanbeveel vir spekulante met sterk korttermyn sienings.Picture1

’n Uit die geld opsie daar in  teen is nader aan 0%, dus ons risiko is kleiner, maar so ook die wins. Die opsies word meer gebruik vir langer termyn  sienings. Die grootste nadeel is as die mark sywaards beweeg en tydwaarde verloor word.

‘n By die geld opsie met ‘n delta van 50% gee natuurlik vir die koper reeds die helfte van die delta en so ook die wins/risiko verhouding.  Die opsies is ook die gewildste onder spekulate aangesien, die kans dat hulle in die geld sal eindig ook 50% is

Aangesien die gewildheid hoog is, verskaf dit ook ‘n groot mate van likiditeit vir opsie spekulante.