Werking van Opsies 103

with No Comments

Gebruik van opsies nl spekulasie en verskansing

Opsies word algemeen gebruik vir beide maar tog word die twee baie maklik verwar, en van daar die verliese wat dan ontstaan.

Volgens my kan die opsie middel as ‘n verskansing instrument nie onderskat word nie, maar die verskansing moet in plek gehou word ongeag beweging van die mark.

Dit het al vele kere gebeur met verskansers wat profeit neem op hul opsie posisies, en die onderliggende oop los, net om te vind dat die mark verder val, en terug koop duurder geword het. Die wegneming van enige afgeleide posisie wat in plek geplaas is vir verskansing ontaard dan in spekulasie, self al is dit net die eenbeen wat profeit op geneem word, met die doel om dit later deur ‘n goedkoper opsie te vervang.wheat9

 

Die volgende onderskeidings word getref in die bestuur van opsie verskansing en spekulasie.

Die spekulant moet  ‘n marksiening in neem, verwag hy die mark gaan op, koop hy ‘n Call,  verwag hy die mark gaan daal, ‘n Put. Maar meer belangrik as sy mark siening moet hy  reg wees oor die tydperk waarbinne die verwagte marksiening gaan plaasvind. Want as hy verkeerd  is op die siening kan hy meer geld op sy opsie verloor as wat hy kan maak oor die langtermyn, self al is sy mark siening korrek. Die punt is dan ook die grootste verskil tussen n termynkontrak en sy afgeleide (Opsie). 

Die verskanser daarinteen is minder gevoelig vir die verlies aan tydwaarde aangesien dit deel uitmaak van sy totale koste tot verskansing, maar meer belangrik vir die verskanser is dat die tydperke van die opsie se verval dag of likwidasie ooreen moet stem met die likwidering van die onderliggende kommoditeit. 

Uit die bogenoemde is dit dan duidelik dat die grootste verskil tussen die verskanser en die spekulant is dan ook dat die verskanser sy totale verlies inreken as die premie om die verskansing in plek te hou, terwyl  die spekulant meer op die in en uitbeweeg in die markgefokus is vir winsneming.