Werking van Opsies 102

with No Comments

Picture1Besturing van opsies
Opsies moet bestuur word ongeag waarvoor hulle gebruik word, spekulasie, verskansing van fisiese en/of termynkontrakte.

Hoeveel keer praat ons net van opsies interme van premie en as die premie te hoog is wil ons wag vir laer premies aangesien ons vooraf die besluit neem dat ons die premie sien as die bedrag wat ons gaan verloor met die koop van die’ opsie.
Maar sal ons dieselde strategie volg met termynkontrakte , ons maksimum verlies probeer bepaal wat tog onbeperk is voor ons ‘n termyn kontrak koop.
Ons bestuur tog die termynkontrak as spekulant tog op ‘n gereelde basis, waarom doen ons dan nie dieselde met ons opsies nie?
Ek voel dat een van die grootste oorsake waarom nie geld gemaak word deur opsie spekulante en verskansers nie , het te doen met die punt nl tydwaarde verlies. Waarop die langtermyn tydwaarde verlies met die verloop van tyd (Verlies in tydwaarde) afgenet word met die korrekte marksiening.
‘n Opsie moet hanteer word as niks anders as ‘n termynkontrak met beperkte verlies potensiaal, en die premie as die betaling vir die beperkte risiko/onbeperkte wins opbrengs verhouding nie.