Konklusie op Opsies

with No Comments

Wanneer gebruik ons opsies.

 

Die afleiding wat ons hieruit kan maak is dat opsies meer effektief is oor die langtermyn as die mark rigting gedrewe is (Trend), maar minder effektief in ‘n sywaardse mark.

Hoe korter die totale beweging wat verwag word (Trend), hoe meer gereeld moet wins geneem word, of opsies gerol word.

 

Vir die verskanser moet die verskansing altyd in plek bly, maar besturing behels om diep in die geld opsies te rol, om die wins in te sluit, maar om die verskansing in plek te hou, aangesien die hoof doel van verskansing ‘n minimum prys vlak is.Corn_field1

 

Gevolgtrekking

As verskanser: Daar is geen beter instrument wat die beste van twee wêrelde bied deur middle van opsies nie,. ‘n Minimum prysvlak sowel as onbeperkte deelname sal die prys beweeg dus optimalisering van elke moontlike scenario.

 

As spekulant: Die kompleksiteit tot die bepaling van die premie van opsies neem dus meer as net markbeweging in ag, en daarom moet ons besluit as verskansers omtrent die gebruik van opsies tot spekulasie instrument ook  ag slaan op die faktore wat die prys bepaling van opsies beinvloed.